Max Havelaar – Multatuli
R352,00
Multatuli, een van die grootste rebelle uit die Nederlandse literatuur, het in 1860 ‘n roman gepubliseer wat nog steeds beskou word as die beste Nederlandse roman van alle tye. Multatuli was die skuilnaam van Eduard Douwes Dekker (1820-1887). Max Havelaar speel in 1856 op die eiland Java af, die sentrum van die destydse Nederlandse koloniale ryk. Dit gaan oor ‘n bestuursamptenaar wat hom verset teen korrupsie en uitbuiting as gevolg van die koloniale sisteem in Nederlands-Indië. Dekker was self so ‘n amptenaar, en sy romankarakter Max se wedervaringe weerspieël in baie opsigte sy eie. Die boek het “’n rilling deur die land laat gaanâ€, en Nederlanders redekawel nog steeds oor Multatuli en die “saak-Lebakâ€. Geen ander Nederlandse outeur het ooit weer daarin geslaag om die gemoedere so heftig in beweging te bring nie. Al het veral politieke faktore tot hierdie ophef bygedra, is die belang van Max Havelaar te wyte aan die feit dat dit ‘n meesleurende boek is. Dit word telkens aan die leser uitgewys dat sowel in Nederland as in Nederlands-Indië twee motiewe byna alle mense se optrede bepaal: magsdrif en hebsug. Een man, Max Havelaar, verset hom daarteen, maar hy ly die nederlaag binne die koloniale bestel.
Availability: 6 in stock
Report AbuseVendor Information
- Store Name: Aristata Boekwinkels
- Vendor: Aristata Boekwinkels
- No ratings found yet!
-
Languages & Literacy
Afrikaans – geniet dit!: Grade 7: Werkboek 5 – Hilary Cawood
R76,00 Add to basket