Skrapnel is ’n boeiende drama oor twee jong Suid-Afrikaners in Londen: ’n meisie wat bejaardes oppas en ’n man wat as sekuriteitswag by ’n winkelsentrum werk. Hulle ontmoet in ’n jeugherberg en knoop ’n verhouding aan. Die man sterf op 7 Julie 2005 in ’n selfmoordbomaanval in die Londense metro. Die stuk open oomblikke ná die ontploffing en die verhaal word as flitsende tonele in die jong man se sterwensoomblikke vertel. Dwarsdeur die stuk word ’n jong Moslem-selfmoordbomdraer se fundamentele geloofsoortuiging weergegee. Dit kon-trasteer skerp met die twee Suid-Afrikaners se losgeslaanheid en hulle onsekerheid omtrent identiteit, geloof en kultuur. “Skrapnel is ’n besonder kragtige stuk teater … Minstens een van die skerp stukke gaan jou tref en onder jou vel bly.†(Anna-Retha Bouwer, Beeld)
Vendor Information
- Store Name: Aristata Boekwinkels
- Vendor: Aristata Boekwinkels
- No ratings found yet!