Riek en Niek gaan ’n weddenskap aan. Hulle gaan hulle bes probeer om vir juffrou Burp … e … juffrou Burk te laat lag! Daar is net een probleem. Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore. Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster – niemand weet of dit regtig bestaan nie.








