Jana is net drie jaar oud toe haar ma spoorloos verdwyn. Snags roep die wind Jana buitentoe maar sy is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister hoor sy die soet hoe note van haar ma se fluit. Een so ‘n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.








