Bennie Griessel is eerste op die toneel: ‘n bloedbad in ‘n luukse gastehuis op ‘n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van ‘n geheimsinnige blitsige meedoenlose huurmoordenaar genaamd die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ‘n ontvoering …








