Bestaan daar ander werelde as ons alledaagse een? Waarheen gaan mense wat verdwyn? Hoe veg ’n mens teen vreemde en magtige onbekende wesens? Hoeveel moet jy waag ter wille van vriendskap? Dit is van die vrae waarmee Morne te doen kry wanneer sy meisie Imke in ’n museum verdwyn.








