Toe die Tweede Wereldoorlog uitbreek word Edmund Peter Susan en Lucy uit Londen weggegestuur om by n ou familievriend op die Engelse platteland te gaan woon. Met die dat ou professor Kirke skynbaar heeltemal in sy eie wereld leef kan die kinders ongestoord na hulle eie vermaak soek in sy yslike ou huis in die middel van nerens.








