Aan die begin van 2015 was bekroonde Weg!-joernalis Erns Grundling oorwerk oorstuur oorgewig beseer – en pas gediagnoseer met slaapapnee. Vanselfsprekend was al ding om te doen om die ellelange Camino-staptog in Spanje aan te pak – g’n selfoon g’n makkers net dapper en stapper. Kom stap saam!








