Die koning van Katoren is dood en daar is geen troonopvolger nie. Vir 17 jaar regeer ses nare ministers die land – hulle beweer hulle is op soek na ’n nuwe koning maar niks gebeur nie. Op n dag arriveer n seun Stach by die paleis. Hy is gebore op die nag van die koning se dood en is vasbeslote om die nuwe koning te word.








