Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het.








