Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die bome van die subkontinent. Met behulp van volkleurfoto’s en verspreidingskaarte asook maklik leesbare teks sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene bome in Suider-Afrika kan identifiseer.






