Dit is omrede sy fynbos – die smalblaar- struikagtige plantegroei van die streek – dat die suidwestelike en suid-Kaap benoem is as een van die wereld se ses planteryke: Die Kaapse blommeryk. Met n opervlakte van minder as 90 000 vierkante kilometer is dit die kleinste planteryk ter wereld.








