Twee gewilde Weskus-romans in een. Haar naam is Ragel: Die verhaal van n jong ma wat haar seuntjie se dood moet leer verwerk. Sy ontmoet n ma wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Saam leer die twee vroue geleidelik wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos. Marta: Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Haar geloof verval in roetinewerk, en sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie.
- You cannot add that amount to the basket — we have 1 in stock and you already have 1 in your basket. View basket








